Travelling South Africa
beplan jou rit    aanwysings    besienswaardighede    nasionale paaie    862 dorpe    9 provinsies    19 diensleweraars    kontak ons    teken in

Beplan jou rit

Demo

English | Afrikaans
tuisblad
hoe dit werk
nuusbrief
suid-afrika
jou rit
adverteer
diensleweraars
registreer
werfkaart
handige skakels
voorwaardes
kontak ons
teken in
 
 
Dienste
Avontuur (1)
Lugdienste (5)
Besienswaardighede (0)
Bed en Ontbyt (1)
Motorhuur (1)
Algemeen (1)
Hotelle (1)
Restourante (7)
Tegnologie (1)
Reisagente (1)
Voertuie (2)
 
Hoe dit werk Wys dienste:
Dit is hoe dit werk...

Beplanning van jou rit
1. Bo die spyskaart, kliek op  
 
2. Jy het twee keuses: a) Skep 'n standaard roete volgens een van die nasionale paaie of b) Skep 'n ad hoc rit
3. Kliek op die aftrekspyskaart naby bo op die skerm, gemerk "-Skep 'n roete op 'n nasionale pad (aanbeveel)-" en kies die roete van jou keuse.

 
4. Die volgende skerm sal nou verskyn:



Aan die linkerkant, sleutel 'n hoof in. Wanneer jy 'n aantal ritte geskep het is dit dan makliker om hierdie rit te vind.

Onder dit is 'n kiesboks waar jy die rigting van die roete kan omswaai, bv die roete wys Johannesburg na Durban, maar jy wil reis van Durban na Johannesburg.

Voeg 'n datum by wanneer die beoogde rit sal begin in die formaat dd/mm/jjjj.

Voeg 'n beskrywing van die rit by (opsioneel).

Aan die regterkant is 'n lys van al die hoof dorpe op hierdie roete met die kilometers tussen die dorpe en die kumulatiewe kilometers wat voorlê.

Kliek Stuur.
 
5. Die volgende skerm sal nou verskyn:

 
5.1 Kliek op vir enige van die dorpe. Volle besonderhede van die dorp (waar beskikbaar) sal verskyn:



Onderaan die skerm, kliek op Wikipedia vir meer inligting:

 
5.2 Kliek op vir enige van die dorpe. Jy kan nou notas tot die dorp byvoeg, wat jy daar wil doen, ens:

 
5.3 Kliek op     om die dorp op te beweeg in die volgorde

Kliek op     om die dorp af te beweeg in die volgorde

Kliek op   om die dorp te verwyder van die roete

Kliek op     (of op die dorp se naam) om die diensleweraars in die betrokke dorp te wys.

 
5.4 Bo-aan die skerm het jy die volgende opsies:



Terug na die hooflys neem jou terug na die lys van ritte wat jy geskep het.

Wys hele rit wys al die dorpe op die roete tesame met die beskrywings wat jy bygevoeg het

Druk hele rit druk al die dorpe op die roete tesame met die beskrywings wat jy bygevoeg het

Tel nog 'n rit by laat jou toe om 'n dorp by te tel wat nie op die roete is nie, bv waar jy 'n ompad wil neem. Jy kan dan die dorp op of af in die volgorde skuif.

Omgekeerde volgorde swaai die volgorde van die roete om, bv Johannesburg na Durban word Durban na Johannesburg.
 
5.5 Vir 'n kaart met volle aanwysings vir die hele roete, kliek op (regs bo op die skerm):



Die volgende skerm sal verskyn:



Aan die linkerkant is 'n lys van al die dorpe wat jy sal besoek. Hou jou muis oor die lys en rol af. Onder die lys is volledige aanwysings van hoe om by jou bestemming te kom (ongelukkig net in Engels beskikbaar):



Aan die regterkant is 'n kaart wat die roete wys wat jy gaan neem. Jy kan die skerm maksimeer deur te kliek.

Deur jou muis oor die kaart te hou, rol die wiel van jou muis vorentoe en agtertoe om vertikaal nader en verder te beweeg.

Om horisontaal oor die kaart te beweeg, links kliek enige plek op die kaart en hou die muisknoppie in, terwyl jy die muis rondbeweeg.
 
6. So maklik soos dit. Geniet dit.
 






Ons dank aan Google Maps en Wikipedia vir ons gebruik van hulle inligting.
    ¬© Copyright 2011 travellingsouthafrica     Site developed by ten4